​
Ons Storie
In 2018, tydens debat uitdunne, in die regsgebou
het Rohann vir Brigitte die eerste keer aanskou
sy was besig om 'n ander spreker uit te jou
en Rohann het geweet hierdie is sy vrou
​
Daarna loop Rohann met sy hart op sy mou
maar aan hul vriendskap is Brigitte gans te getrou
daar was afsprake - op pieknieks en in teaters aan roomys en springmielies gekou
maar Brigitte het steeds haar kop in die sand gehou
​
Hul vriendskap het bly groei, maar Rohann se hoop was flou
'n jaar was reeds verby en hy't besef die tyd was nou
hy vra toe na die debatsfinaal vir Brigitte of sy hom sou
vergesel na: 'n koffie, 'n dinee en die Oos-Kaap waar sy broer trou
​
Brigitte wou
sy het self teen die tyd besef daar is net een ou
wat homself so diep in haar hart in kon grou
en wie sy met haar toekoms wou vertrou
​
Die res is geskiedenis, tot en met nou
waar Brigitte en Rohann 'n nuwe hoofstuk oopvou
en vir mekaar belowe, soos The National in 'Slow Show':
"Ek wil huis toe haas na jou"
​
En so, liewe gas, nooi ons jou
om saam met ons partytjie te hou
en 'n glasie te klink langs die see se blou
vir die lewe vol liefde wat ons saam sal bou
​